James Bond

James Bond
Hoagy Carmichael – soos Ian Fleming sy James Bond gesien het.
Hoagy Carmichael – soos Ian Fleming sy James Bond gesien het.

Skepping
Eerste verskyning Casino Royale (1953)
Geskep deur Ian Fleming
Uitgebeeld deur Sean Connery (1962–1967; 1971; 1983)
George Lazenby (1969)
Roger Moore (1973–1985)
Timothy Dalton (1987–1989)
Pierce Brosnan (1995–2002)
Daniel Craig (2006–hede)
Inligting
Byname 007
Spesie Mens
Geslag Manlik
Beroep Spioen
Getroud met Tracy Bond-Vincenzo
Kinders James Suzuki
Ander familie Andrew Bond (vader)
Monique Delacroix Bond (moeder)
Charmian Bond (tannie)
Max Bond (oom)
1
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk

James Bond is 'n fiktiewe spioen in die romans van die Britse skrywer Ian Fleming. James Bond is ’n onverskrokke, aantreklike geheime agent vir die Britse regering, met die kodenaam "007". Talle van die Bond-verhale is tot trefferflieks verwerk. Hierdie rolprente wemel van opwindende tonele vol gevaar, mooi vroue en spesiale geheime toerusting om mense aan te val, boodskappe te stuur, ens. Hierdie stories is ook vir TV, radio, strokiesprente en video-speletjies aangepas.[1]

Fleming het die Bond-karakter in twaalf romans en twee verhaalbundels gebruik. Die eerste hiervan heet Casino Royale. Ná Fleming se dood in 1964 het verskeie ander skrywers Bond-boeke gelewer, onder andere Kingsley Amis, Christopher Wood, John Gardner, Raymond Benson, Sebastian Faulks, Jeffery Deaver en Anthony Horowitz.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search